Obama verwerp Trump se bewerings oor staatsgeep-pogingsJuly 23, 2025
Die Amerikaanse oudpresident, Barack Obama, het president Donald Trump se beskuldigings verwerp dat hy ‘n staatsgreep wou reël ná Trump se eerste verkiesingsoorwinning in 2016. Trump beweer Obama wou sy oorwinning oor Hillary Clinton ondermyn deur bewyse van Russiese inmenging te versin. Obama sê hy skenk gewoonlik nie aandag aan die gedurige onsin en waninligting uit die Withuis nie, maar hierdie bewerings is erg genoeg vir reaksie. Hy sê dié bisarre bewerings is belaglik en ‘n swak poging om die aandag af te lei.