Napwu verklaar dispuut met NampaJuly 24, 2025
Die Namibiese Openbare Werkers-unie, Napwu, het ‘n interne dispuut met Nampa verklaar oor die oorbetaling van salarisse aan personeel. Dit kom na die nuusagentskap die dubbele salarisbetalings in drie maande, tussen Maart en Mei vanjaar, van alle personeel verhaal het. Napwu het gevra vir onderhandelings in die verband en is die amptelike vakbond van die werkers met ‘n erkenningsooreenkoms in plek. Napwu eis volgens die ooreenkoms ‘n vergadering teen volgende week Donderdag.