Selfmoord: Onderwys nie oorgesien nieJuly 24, 2025

Volgens die lynministerie se jaarverslag vir 2024 het 16 onderwysers, agt mans en agt vroue, gedurende die jaar hulle lewens geneem. Die nuus kom na die selfmoord van drie onderwysers in die afgelope week in die Ohangwena-streek. Blykbaar het een onderwyser finansiële uitdagings gehad. Lynminister Sanet Steenkamp sê dit onderstreep weer die belangrikheid van geestesgesondheid, finansiële stres en oop gesprekke. Namibië ervaar ‘n selfmoord epidemie en in die eerste drie maande van die jaar, 89 dae, is 124 selfmoorde aangeteken.