Reuse-tekort aan maatskaplike werkersJuly 24, 2025

Namibië het slegs een maatskaplike werker vir elke 17 923 kinders. Dit word as reuse-struikelblok vir die lewering van tydige en doeltreffende kinderbeskermingsdienste uitgewys. Die nuwe ontwikkelingsplan, NDP6 het die versterking van kinderbeskerming as ’n nasionale sleutelprioriteit geïdentifiseer. Gedurende die beplanningsperiode is 14 059 voorvalle van geweld teen kinders aangeteken. Namibië se kinderbevolking staan op byna 1,4 miljoen, amper helfte van die totale bevolking.