Sinkgate: Verklaar Centurion as rampgebiedJuly 24, 2025
Die Vryheidsfront Plus in Tshwane doen ‘n beroep op die metro om Centurion tot rampgebied te verklaar as gevolg van sinkgate. Daar is tans 64 sinkgate in die gebied. Die jongste het Sondag in Lyttelton voorgekom. Die sinkgate kom meestal in dolomitiese grond voor en word hoofsaaklik gevorm as gevolg van water en rioollekke. Die VF Plus sê ‘n petisie met 3 500 handtekeninge is by Woensdag se raadsvergadering voorgelê om te eis dat dit ‘n rampgebied verklaar word sodat befondsing van die regering van Gauteng se rampfonds verkry kan word.