Pam Bondi het vir Trump gewaarsku oor Esptein-dokumenteJuly 24, 2025

The Wall Street Journal berig president Donald Trump van Amerika se naam verskyn talle kere in die Departement van Justisie se lêers oor die veroordeelde pedofiel, wyle Jeffrey Epstein. Volgens die verslag het prokureur-generaal Pam Bondi Trump in Mei ingelig dat hy in die omstrede Epstein-lêers genoem word en dat die rekords kinderpornografie insluit. Dit kom na ‘n onderhoud in Augustus 2017 met Epstein deur die outeur Michael Wolff. In die opname sê Epstein hy was vir 10 jaar Trump se beste vriend. Die Withuis sê die bewerings is net ʼn voortsetting van die Demokratiese Party en die liberale media se fopnuus.