Plaaslike rysproduksie onder die loepJuly 25, 2025
Namibië het produksiesones waar rys verbou kan word, maar belegging is dringend nodig om dit op die been te bring, volgens die Namibiese Akkerbouraad. Die raad het kommer oor die land se afhanklikheid van ingevoerde rys, met vraag wat aanhou groei. Kosmos 94.1 Nuus het gepraat met Gilbert Mulonda, die Akkerbouraad se bestuurder van akkerbou en tuinbou, wat sê die ingevoerde rys is boonop verwerk.