Ma van vermeende Hengari-slagoffer praatJuly 25, 2025

Die ma van die vrou wat na bewering as minderjarige deur die voormalige landbouminister Mac Hengari verkrag is, sê haar dogter het jare van mishandeling verduur en ly nou aan depressie en epilepsie. Republikein berig vanoggend die meisie het glo ook drie keer selfdood probeer pleeg. Die publikasie sê hy het toegang tot ‘n verslag van die maatskaplike werker wat lui dat die vermeende slagoffer op 28 Oktober en 19 November verlede jaar bygestaan is. Daar is melding gemaak van erge trauma wat haar moederskap rol, na die geboorte van haar baba in September, bemoeilik het.