Hangala is opgewonde oor NDP6July 25, 2025

Reaksie word steeds ontvang op die regering se planne in die sesde Nasionale Ontwikkelingsplan, NDP6. President Netumbo Nandi-Ndaitwah het klem gelê op die belangrikheid van industrialisasie om die ekonomie ‘n hupstoot te gee. Kosmos 94.1 Nuus het gepraat met dr. Leake Hangala, die voormalige hoof van NamPower, wat baie positief oor die plan is.