Ghislaine Maxwell lap Epstein-geheime uit July 26, 2025
Ghislaine Maxwell, seksoortreder Jeffrey Epstein se meisie wat 20 jaar tronkstraf uitdien vir haar aandeel in die saak, het vrae van die Amerikaanse department van justisie oor sowat 100 verskillende mense beantwoord. NBC News berig Maxwell het beperkte immuniteit van die owerhede ontvang in ruil vir inligting oor Epstein se kliëntelys. Amerika se president Donald Trump verkeer onder toenemende druk om die sogenaamde Epstein Files openbaar te maaken ontken dat hy daarin genoem word.