Brittanje wil Gaza-kinders per lug ontruim July 26, 2025

Doctors without Borders sê ‘n kwart van alle jong kinders en swanger vroue in Gaza ly aan wanvoeding. Die Britse eerste minister, Keir Starmer, het Vrydagaand op X gesê Israel se meëdoenlose aanvalle op Gaza is weersinwekkend. Beeldmateriaal van hongersnood en desperaatheid is absoluut angswekkend, het Starmer gesê. Brittanje is besig om pogings te versnel om kinders in kritieke toestande per lug uit Gaza te ontruim sodat hulle spesialisbehandeling in die Verenigde Koninkryk kan kry.