Skikking van R6,3 miljard in Steinhoff-skandaal July 26, 2025

Ekonomiese ontleders sê die skikking van 6,3 miljard rand in die Steinhoff-skandaal is ‘n belangrike stap om dit af te handel. Die Reserwebank het sy sewe jaar lange ondersoek afgesluit en die ooreenkoms met die opvolger Ibex Group as geregverdig bestempel. Die fondse gaan na die staat, met die opheffing van batebeperkings wat Ibex se afhandeling toelaat. Hoewel beleggersverliese nie ten volle aangespreek word nie, sê kenners help die stap om een van Suid-Afrika se grootste finansiële skandale op te los.