Rugby: Namibië se hoop vir wêreldbeker vlam op July 27, 2025

Plaaslike rugbyliefhebbers het Saterdag ‘n sug van verligting geslaak toe Namibië se nasionale span hul teenstanders van die Verenigde Arabiese Emirate in Kampala, Uganda oortuigend met 86-29 verslaan het. Die oorwinning beteken Namibië het nog ‘n kans om vir Rugbywêreldbeker in 2027 in Australië te kwalifiseer. Die volgende hekkie wat Namibië moet oor, is in November in Dubai. Hulle sal die toernooi daar moet wen om terug in die wêreldbeker- eindskouspel te wees.