Namdeb lewer minder diamante July 27, 2025

Diamantproduksie in Namibië in die eerste ses maande van vanjaar was amper 2,5 persent minder as die ooreenstemmende tydperk in 2024. Sowat 1,166 miljoen karaat diamante is in die eerste halfjaar van 2025 ontgin. De Beers, wat die helfte van Namdeb besit, skryf die laer syfers toe aan planne om produksie by Debmarine Namibia te verminder.