Thailand, Kambodja wil oor skietstilstand onderhandel July 27, 2025

Thailand en Kambodja het vanoggend aangedui hulle is gereed vir onderhandelinge oor ‘n skietstilstand ná president Donald Trump van Amerika gedreig het om handelsooreenkomste met die lande te staak. Ondanks dié aankondiging duur gevegte op die grens tussen Thailand en Kambodja vir die vierde opeenvolgende dag voort. Minstens 34 mense is reeds dood en meer as 168 000 is ontwortel. Gevegte het Donderdag begin ná ‘n diplomatieke geskil ontstaan het toe ‘n landmyn op die grens ontplof het en vyf Thaise soldate beseer is.