Brandstofslenter in Noorde oopgekrap July 27, 2025

Die polisie het ‘n brandstofslenter in die Noorde ontbloot met onwettige handelaars wat petrol uit Angola smokkel. Hulle plaas kleiner houers in groter houers. Kliënte is onder die indruk hulle koop vyf liter petrol, maar in werklikheid is dit 500 milliliter, berig The Villager. Die onwettige  in smouse is veral in Omusati, Oshana en  Ohangwena bedrywig. Die polisie se ondersoek duur voort en hulle het die publiek gewaarsku om op hul hoede te wees.