Dwelms: 24 die naweek agter tralies regoor die landJuly 28, 2025
Altesaam 24 mense is die naweek in verskillende dwelmverwante voorvalle in die land in hegtenis geneem. Op Mariental het die polisie Vrydag tydens ‘n geheime operasie ses mans en ‘n vrou op verskillende plekke vasgetrek met Mandrax in hul besit. Hulle het in totaal glo ook dagga ter waarde van 19 600 Namibiese dollar in hul besit gehad. Op Maltahöhe is vyf mans en twee vroue Saterdag in twee verskillende voorvalle in hegtenis geneem met Mandrax-tablette ter waarde van 13 080 dollar, dagga ter waarde van 2 060 dollar en ‘n daggaplant in hul besit.