Regsfirma stoei met NaCC in die hof vandagJuly 28, 2025
Die Namibiese Mededingingskommissie bevestig dat ‘n saak waarby sy ondersoek teen die Weder, Kauta en Hoveka-prokureursfirma betrek word, vandag in die hoërhof sal voorkom. Die kommissie het in 2022 ‘n ondersoek van stapel gestuur na die firma en Bank Windhoek ooreengekom het dat alle eiendomsoordragdienste vir verkope deur die bank, alleenlik deur die firma hanteer sal word. Die partye betwis die kommissie se jurisdiksie oor die betrokke saak, sowel as sy ondersoekprosedures en -bevoegdhede. Op sy beurt sê die kommissie die ooreenkoms kan die mededingingswet oortree.