Thailand en Kambodja vergader vandag July 28, 2025

Kambodja en Thailand se leiers gaan vandag in Maleisië vergader vir vredesgesprekke ná dae van noodlottige gevegte oor ‘n gebied bekend as die Smaragdriehoek, waar die grense van dié twee lande en Laos bymekaarkom. Minstens 35 mense is dood, meer as 200 is beseer en meer as 200 000 is ontheem sedert Donderdag toe die gevegte uitgebreek het. Amerika se minister van buitelandse sake, Marco Rubio, sê amptenare van die departement sal op die grond met die onderhandelings te help. Hy sê hy hoop die gesprekke kan ‘n onmiddellike skietstilstand meebring.