Olie en gas: GRN wil plaaslike inhoud na 15% opstootJuly 28, 2025
Namibië wil die plaaslike inhoud en deelname in die olie- en gassektor van 10 persent tot 15 persent teen 2030 verhoog. Dit is aangekondig by die Jeug in Olie en Gas-beraad deur Kornelia Shilunga, spesiale adviseur en hoof van die stroom-op petroleumeenheid. Sy sê NDP6 het ten doel om 150 miljoen vate olie-ekwivalent te produseer, gasproduksie tot 130 miljoen standaard kubieke voet per dag te verhoog en 22 800 werksgeleenthede teen 2030 te skep. Volgens Shilunga sal Namibië, met geraamde 11 miljard vate olie en 2,2 triljoen kubieke voet natuurlike gas as ‘n belangrike energiespeler na vore kom.