Gesondheid oortree verkrygingsreëlsJuly 28, 2025

Die gesondheidsministerie adverteer nie meer sy oop nasionale tenders in koerante nie en plaas dit net op die regering se verkrygingswebblad, teenstrydig met die Verkrygingswet. Die publikasie berig dat verlede jaar is al die tenders geadverteer en aanlyn geplaas maar, 17 is vanjaar uitgereik, net aanlyn. Dit neem ook ongeveer ‘n week vir die relevante dokumente om op die portaal sigbaar te raak, na die aanvanklike uitnodiging gestuur is. Toekennings word ook nie bekend gemaak nie.