Jongste VN-omgewingsverslag lig vier klimaatskwessies uitJuly 28, 2025

Die Verenigde Nasies se omgewingsprogram het in sy jongste verslag vier gebiede uitgelig waar omgewingsverval en menslike kwesbaarheid saamval. Die Frontiers Report 2025 sê besoedeling, smeltende gletsers se mikrobes, verwydering van damme in riviere en klimaatsrisiko’s kan miljoene lewens raak indien niks daaraan gedoen word nie. Die program se uitvoerende direkteur, Inger Andersen, sê die verslag toon klimaatsverandering raak nie net ekostelsels nie, maar stel gemeenskappe bloot aan nuwe, erger gevare.