Vis in Goreangab-dam nie geskik vir menslike gebruikJuly 28, 2025
Die landbouministerie herhaal die waarskuwing van die Stad Windhoek dat daar nie vis in die Goreangab-dam gevang moet word nie. Volgens die ministerie vang mense toenemend vis in die dam en verkoop dit selfs. Afvalwater van omliggende nywerheids- en woongebiede vloei in die dam in en die vis daarin kan met swaarmetale en bakterieë besoedel wees. Die dam is nie vir swem of visvang bedoel nie, en die vis is geensins geskik vir menslike gebruik nie.