Sekuriteitsfirma-eienaar skiet homself op perseel in hoofstadJuly 28, 2025

Een van die eienaars van ‘n bekende sekuriteitsfirma in Windhoek het homself tussen 2-uur en 3-uur vandag op die perseel geskiet. Die naam van die firma en die persoon is bekend aan Kosmos 94.1 Nuus, maar kan nog nie bekend gemaak word nie want dit is onseker of al die naasbestaandes ingelig is. Die toneel was teen laatmiddag nog aktief en dis is nie seker wat tot die skietvoorval gelei het nie. Inligting is nog skraps, maar meer sal gedeel word soos dit ontvang word.