Goreangab se ontspanningspark ook gesluitJuly 29, 2025
Kort nadat die Stad Windhoek en die landbou-ministerie inwoners gewaarsku het om nie in die Goreangab-dam vis te vang nie want die vis kan met swaarmetale en bakterieë besoedel wees, kom die nuus dat die ontspanningspark by die dam gesluit is tot verdere kennisgewing. Die Stad Windhoek sê die sluiting is nodig om onderhoud en herstelwerk aan ‘n rioolpypleiding moontlik te maak, wat waterbesoedeling veroorsaak het. Inwoners word aangeraai om nie dooie visse in die dam te eet nie.