Net meer as 5,5 miljoen kubiek in week uit damme onttrekJuly 29, 2025

Net meer as 5,5 miljoen kubiek is die week uit die land se damme onttrek. Dit sluit wel ‘n oordrag van 939 000 kubiek van Omatako na Von Bach. Bronne vir die sentrale gebied is op 77,8 persent. Meer as 1,8 miljoen kubiek is die week by Hardap benut. Die dam is op 69,2 persent. ‘n Miljoen kubiek is uit Neckartal gepomp vir boere onder die damwal. By Naute is 440 000 kubiek benut. Die Ooste het 69 000 kubiek die week gebruik met bronne op 30,9 persent.