NamPost loods ondersoek na bewerings van pensioenbedrog July 29, 2025

NamPost sê hy neem kennis van gerugte oor pensioengeld-bedrog. Dit kom na regsman Kadhila Amoomo ‘n plasing gemaak het en gratis bystand aan pensioenarisse gebied het oor wat hy was onwettige aftrekkings op hulle pensioengeld beskryf het. NamPost sê hy het ‘n dringende ondersoek gelas en kyk ook na die moontlike byvoeging van onwettige begunstigdes, saam met onreëlmatige aftrekkings. Intussen het die maatskappy ook aangekondig dat hy sal vanaf 1 Oktober vanjaar die betaling van alle welsynstoelaes begin hanteer, aangesien Epupa, die huidige verspreider, se kontrak op 30 September eindig.