Swemmer, 12, skok by wêreldkampioenskapJuly 29, 2025

Die 12-jarige-skoolmeisie, Yu Zidi, is deur haar mededingers as “besonder talentvol” beskryf nadat sy net-net ‘n bronsmedalje by die wêreldkampioenskap in Singapoer misgeloop het. Yu van China het vierde klaargemaak in die vroue 200m-individuele-wisselslag in haar eerste wêreldkampioenskapeindstryd. She het die bronsmedalje met 0,06-sekondes misgeloop. Yu was vinnig van die blokke af en het derde gebly totdat sy teen die einde van die wedren teruggesak het. Sy sal ook aan die 400-meter wisselslag en die 200-meter vlinderslag in Singapoer deelneem.