Booys sal weer in September terugkeer hof toeJuly 29, 2025

Die beleërde oud-streeksraadslid vir Okahandja Steve Biko Booys se verkragtingsaak sal op 15 September voortgaan in die streekshof voor landdros Esme Molefe. Hy het daarin geslaag om nuwe regsverteenwoordiging te bekom in prokureur Rudi van Vuuren. Booys staan tereg op klagte van bloedskande en verkragting wat blykbaar in Januarie 2021 by sy huis in Okahandja voorgekom het. Hy is sedertdien in aanhouding en word by Seeis aangehou.