Britse dieretuin verwelkom rooipanda-tweelingJuly 29, 2025
‘n Rooipanda-tweeling is by ‘n dieretuin op die Isle of Wight in die suide van Engeland gebore nadat die ouers in 2024 aan mekaar voorgestel is. Die tien-jaar-oue ma Xiao, is gepaar met ‘n 10-maande oue mannetjie, Flint wat van die Belfast-dieretuin ingevoer is. Die welpies sal in die nesbokse versteek bly tot hulle minstens drie maande oud is. Die bedreigde spesie, wat ook as katbeertjies bekend staan, leef in die oostelike Himalajas en China met getalle wat dramaties afneem. Rooipandas word gejag vir hulle pels, gevang in slagysters en word bedreig deur ontbossing.