Namibiese boogskutters haal uit en wys!July 29, 2025
Namibië se Afrika Genesis Archery nasionale boogskut-span het geskiedenis gemaak deur alle beskikbare goue span-medaljes te wen op die AGA Wêreld-toernooi in Walvisbaai. Meer as 250 boogskutters het by die Jan Wilken binnenshuise sportkompleks sake uitgespook in die kolskoot- en 3D-dissiplines, van lande so ver as Kanada, Botswana, Zimbabwe, Zambië en Suid-Afrika. Namibië het algeheel tweede geëindig in die nasionale spanne-kompetisie, met Suid-Afrika eerste en Kanada derde. Die plaaslike ontwikkelende span het ook tweede gekom in die ontwikkelende spanne-kompetisie, na Kanada en voor Zimbabwe. Namibië se Willem van der Merwe, Burton Weakley en Ru-Wayne Bezuidenhout is opgeneem in die AGA-wêreldspan wat bestaan uit die top 16 boogskutters by die toernooi.