Bende vermeende diensstasie-rowers aangekeer, 1 vir moordJuly 29, 2025
Die Namibiese Polisie en die Windhoekse stadspolisie het vyf vermeende lede van ‘n kriminele sindikaat wat ‘n string gewapende rooftogte in die hoofstad uitgevoer het, in hegtenis geneem. Die polisie het omstreeks 11-uur toegeslaan in die Lafrenz industriële gebied en die Monte Christo area. Die verdagtes is betrap met drie vuurwapens, twee messe en ses klapmusse. Onder die rooftogte tel hierdie maand se voorvalle by die Namcor diensstasie in Khomasdal en die Lafrenz Total diensstasie. Ander is die roof van die Namcor diensstasie in Soweto in April en die transitoroof by Choppies in Katutura in Mei. Een van die verdagtes was ook na bewering verantwoordelik vir die moord op die 39-jarige Fiina Nghifikwa op 22 Julie in Kigalistraat, Wanaheda. Hulle sal Donderdag in die Katutura landdroshof verskyn.