Aardbewing op Russiese skiereiland meet 8,8, tsoenami-waarksuwingJuly 30, 2025

‘n Kragtige 8,8 aardbewing het Rusland se verre oostelike Kamchatka-skiereiland getref wat tot tsoenami-waarskuwings in dele van Moskou, Japan en die kusstroke van die Stille-Oseaan, die Filippyne en Indonesië gelei het. Branders van 4 meter is reeds op die skiereiland aangeteken. Verskeie mense is beseer terwyl owerhede waarsku oor sterk naskokke. Die skiereiland het reeds die afgelope tien dae ‘n reeks van aardskokke ondervind. Nieu-Zeeland se rampbestuursagentskap waarsku intussen die land se kusgebiede kan sterk en ongewone seestrome en onvoorspelbare golwe aan die kus verwag.