ACC-ondersoek na gesondheid kry momentumJuly 30, 2025
Plaaslike media berig dat die Teenkorrupsie-kommissie sy ondersoek na die korrupsie by die gesondheidsministerie verskerp het en drie persone, insluitend ‘n voormalige uitvoerende direkteur, is opdrag gegee om hul paspoorte in te handig. Volgens The Namibian, word verskeie maatskappye en transaksies ter waarde van 600 miljoen Namibiese dollar ondersoek. In 2020 het oud-minister dr. Bernard Haufiku ook dokumente rakende opgeblaasde pryse, diefstal en meer ingehandig en in 2016 is verskeie arrestasies gemaak. Onlangs het minister Esperance Luvindao ook gevra dat die kommissie ondersoek instel na invoere van medisyne.