NamPower trek werwing vir nuwe hoof, terugJuly 30, 2025

NamPower het sy advertensie vir ‘n nuwe besturende direkteur op ‘n vyfjaarkontrak gekanselleer. Die huidige besturende direkteur van NamPower, Simson Haulofu, is in 2016 vas aangestel en sy termyn eindig op 30 Junie 2026. Ten tyde van sy aanstelling was Haulofu 54. Hy is tans 64, wat geen ruimte laat vir ‘n verdere kontrakhernuwing nie. Die maatskappy het nie die redes vir die onttrekking van die advertensie verskaf nie.