Polisie konfiskeer dagga van N$929 000, arresteer NamibiërJuly 30, 2025
NamPol het vanoggend net voor 1-uur by ‘n huis in Miemsstraat in Khomasdal toegeslaan en gekompakteerde dagga met ‘n geskatte straatwaarde van 929 000 Namibiese dollar gekonfiskeer. ‘n 24-jarige Namibiese man is in hegtenis geneem vir dwelmhandel. Die polisie sê in ‘n verklaring hulle het inligting gekry en daarna ‘n operasie by die betrokke huis geloods. Die dagga was in 18 pakkies opgemaak en het 18,57 kilogram geweeg. Die ondersoek duur voort.