Uitvoerende direkteure geskuif, ander kry bykomende funksiesJuly 30, 2025
Die kantoor van die eerste minister het sommige uitvoerende direkteure tussen ministeries verskuif. Die uitvoerende direkteur van die justisieministerie skuif na binnelandse sake, en dr. Audrin Mathe skuif vanaf die inligtingministerie na die justisieministerie. Ben Nangombe gaan van die energieministerie na die kantoor van die eerste minister se kabnietsekretariaat. Ander uitvoerende direkteure het rekeningkundige funksies bygekry en sal verantwoordelik wees vir hul ministeries se begrotingstoewysings. Hulle is Erastus Haitengela van die onderwysministerie, Gerard Vries van die sportministerie, Ndiyakupi Nghituwamata van die landbouministerie, Teofilus Nghitila van die waterministerie en Moses Pakote van die energieministerie.