Groot pryssprong vir speenkalwers op pad July 31, 2025
Die uitvoerende bestuurder van die Namibiese Landbou-unie, Roelie Venter, sê die speenkalfprys is gereed om beduidend te spring en dit is nie ‘n goeie tyd om nou te verkoop nie. Agriforum berig hy het aan die hand van speenkalfpryse van die afgelope 25 jaar gewys op redelik voorspelbare siklusse van min of meer vyf jaar wat elke keer in ’n skerp styging eindig , dikwels ’n verdubbeling. Hy sê die betrokke sikluspatroon geld al vir meer as 50 jaar en word gedryf deur verskeie faktore soos droogtes, kuddeboufases, mieliepryse en verbruikers se posisie. Dit is nou van die min tye wat veeboere werklik hul balansstaat kan verdubbel. Maar, hy voeg by dat die uitbreking van bek-en-klouseer in Suid-Afrika onsekerheid skep oor presies wanneer hierdie pryssprong gaan kom.