Sanksies teen Brasiliaanse regter oor BolsonaroJuly 31, 2025
Die Amerikaanse Departement van Finansies het sanksies ingestel teen ‘n regter van die Brasiliaanse Hooggeregshof, Alexandre de Moraes wat voorsit by die verhoor van Brasilië se voormalige regsgesinde president Jair Bolsonaro. Hy word aangekla van ‘n beweerde komplot vir die omverwerping van die regering ná hy die 2022 presidensiële verkiesing verloor het. Die Amerikaanse minister van Finansies, Scott Bessent, beskuldig Moraes dat hy verantwoordelik is vir ‘n veldtog van sensorskap, arbitrêre aanhoudings, menseregteskendings en politieke vervolgings, insluitend teen Bolsonaro. Hy sê diegene wat Amerikaanse belange en burgerlike vryhede bedreig, sal aanspreeklik gehou word.