Onsekerheid oor ander halfeindstryd in Wêreldkampioenskap van LegendesJuly 31, 2025
Suid-Afrika en Australië speel teen mekaar in een halfeindstryd van die Wêreldkampioenskap van Legendes, maar daar is groot onsekerheid oor die ander wedstryd tussen die aartsvyande, Indië en Pakistan. Hulle groepswedstryd is vroeër afgestel nadat sommige Indiese spelers geweier het om te speel weens die onlangse grens-botsings. ‘n Indiese borg het ook aan die halfeindstryd onttrek en sê terreur en krieket gaan nie saam nie. Suid-Afrika, aangevoer deur AB de Villiers, en Australië speel vandag op Edgbaston.