NamPol teken 9 selfmoorde net dié week aanJuly 31, 2025
Die Namibiese Polisie sê ‘n onrusbarende nege selfmoordgevalle is net in die afgelope week by polisiestasies landwyd aangemeld. Net twee van die gevalle was vroue. In nie een van die gevalle is notas gevind wat die redes vir die drastiese stap gee nie. In ses van die gevalle het die slagoffers hulself gehang en een vrou het ‘n oordosis pille gedrink. In twee gevalle het die slagoffers hulself geskiet. Een van hulle was Carlos Miljo van Crown Security in Eros, wat ‘n haelgeweer gebruik het, en die ander was Gerrit Lambert, wat homself met ‘n jaggeweer op die C28-pad buite Windhoek geskiet het.