Medaljes rol in by Afrika SkolespeleJuly 31, 2025

Jong Namibiërs is besig om hul stempel af te druk by die Vereniging van Nasionale Olimpiese Komitees van Afrika, Anoca, se geskiedkundige eerste Afrika Skolespele in Algerië. In swem het Victoria de Sousa twee silwermedaljes gewen, in die 400 meter wisselslag en 50 meter vryslag. Rodney Alexander Feris het die bronsmedalje in die 50 meter vlinderslag gewen. Die Namibiese Stoeifederasie se span van drie stoeiers, Henrico du Rand, Shithigona Shipopyeni en Petrus Haibodi, het elk ‘n bronsmedalje in hul onderskeie gewigsafdelings gewen. In fietsry het Rosemarie Thiel die silwermedalje in die individuele tydtoets vir meisies ingepalm.