Sotheby’s gee Boeddha se juwele terugAugust 1, 2025
Die afslaers Sotheby’s het ‘n stel heilige juwele wat aan die oorskot van die Boeddha gekoppel is, aan Indië terugbesorg onder toenemende druk van die Indiese regering en globale Boeddhistiese leiers. Die Piprahwa-edelstene sou in Mei in Hong Kong opgeveil word, maar dit is afgestel na diplomatieke ingryping en dreigemente van regstappe. Die Godrej Industries Group in Mumbai het die juwele bekom, wat nou op permanente uitstalling geplaas sal word. Die juwele is in 1898 deur ‘n Engelse landgoed-bestuurder, William Claxton Peppé, uit ‘n stupa in Piprahwa gegrawe, naby die Boeddha se geboorteplek. Dit het oorspronklik bestaan uit byna 1 800 pêrels, robyne, saffiere en goudblaaie wat langs beenfragmente begrawe is, wat deur ‘n inskripsies op ‘n urne geïdentifiseer is as die van die Boeddha self.