Belasting verlig nie ongelykheid in Namibië nieAugust 1, 2025
Ongelykheid voor en na belasting is ‘n algemene manier om te meet hoe regeringsbeleid, spesifiek belasting en maatskaplike toelaes die verspreiding van inkomste binne ‘n samelewing beïnvloed. Dit help om te verstaan in watter mate ‘n land se fiskale stelsel welvaart herverdeel. In ‘n ontleding deur Cirrus, is Namibië tweede in ongelykheid in die wêreld voor belasting maar 12de na belasting. Lande soos Denemarke en Frankryk is die hoogste gelys in verband met die vermindering van ongelykheid deur belasting terwyl Namibië en lande soos Suid-Afrika steeds uiters hoë ongelykheid het na belasting. Lande in Wes- en Sentraal-Afrika toon op hulle beurt groter ongelykheid na belasting.