Inhoudskeppers in Nam kan nie ‘n blou sent verdien nieAugust 1, 2025

Ongeveer 70 persent van Namibië se bevolking bestaan uit mense onder die ouderdom van 35 wat hulle aanlyn wend om inkomste te genereer. The Villager berig vandag dat inhoudskeppers in die land meer as 13 miljoen YouTube-kyke, 85 000 YouTube-intekenare en 570 000 Instagram-volgelinge opgehoop maar ten spyte daarvan het hulle nie ‘n sent daaruit verdien nie. Dit is omdat YouTube-monetarisering nie in Namibië aktief is nie. Die inligtingsminister Emma Theofelus, verklaar sedert Mei verlede jaar dat hulle daaraan werk. Maar die uitdaging is nie ‘n uitsondering nie. In die SAOG-streek in monetarisering op YouTube slegs beskikbaar in Suid-Afrika, Tanzanië en Zimbabwe.