Brandstofprys onveranderd vir AugustusAugust 1, 2025

Die brandstofprys is onveranderd vir Augustus. ‘n Liter petrol kos dus 20 dollar 37 op Walvisbaai, met diesel 50ppm teen 19,92 per liter, en diesel 10ppm wat 20 dollar en 02 sent kos. Die lynministerie sê die wisselkoers tussen die Namibiese dollar en die Amerikaanse geldeenheid het effe beter vertoon en het die onderverhalings versag. Daar was onderverhalings van 46 sent per liter petrol, 90,62 sent per liter diesel 50ppm en 83,86 sent per liter vir diesel 10ppm. Die Nasionale Energiefonds sal die onderverhalings absorbeer.