Twee Namcor-beskuldigdes se borgaansoeke eers laterAugust 1, 2025

Die Windhoek-landdroshof sal die formele borgtog-aansoeke van Namcor-bedrogbeskuldigdes Austin Elindi en Connie van Wyk op 13 en 14 Augustus aanhoor. Nog ‘n Namcor-verdagte Cedric Willemse het die hof ook in kennis gestel van sy voorneme om ‘n formele borgtog-aansoek in te dien na die onttrekking van sy regsverteenwoordiger, Milton Engelbrecht. Willemse sal nou deur Boris Isaacks verteenwoordig word. Austin Elindi word verteenwoordig deur Marco Kazondana van die Sisa Namandje Prokureursfirma, terwyl Van Wyk deur Pieter Greyling verteenwoordig word. Elindi, Van Wyk en Willemse staan tereg op aanklagte ingevolge die Wet op Teenkorrupsie en die Wet op die Voorkoming van Georganiseerde Misdaad.