NSSU Onder-19 Premierliga weer in aksie die naweekAugust 2, 2025

Daar’s weer groot aksie hierdie naweek in die NSSR Onder-19 Premierliga, met die onoorwonne WHS Koedoebulle en die voorloper OK Foods Moria Privaatskool wat Saterdag by Doringlaagte op Outjo sal kragte meet. Die King Price Windhoek Gimnasium Leeus reis ook noord na Compack Tsumeb Gimnasium se tuisveld. ‘n Opwindinde kus-derby wag by Naartjiepark op Walvisbaai tussen die Namib Diesel Walvisbaai Privaatskool en die Swakopmund Pro-Ed Akademie, terwyl Farmstyle Elnatan op Stampriet vir Autohaus Windhoek Affies sal takel.