Namibiese A2-lamsvleis presteer uiters goedAugust 2, 2025

In vergelyking met internasionale aanwysers, het Namibiese A2-lamskarkaspryse goed presteer teenoor dié van Uruguay, Suid-Afrika en Australië. Die Lewendehawe Produsente Organisasie sê in sy ses-maande oorsig van 2025 dat Namibiese A2-pryse het gemiddeld 91 dollar 90 sent per kilogram beloop, wat ‘n groei van 22,79 persent verteenwoordig teenoor die net minder as 75 dollar per kilogram wat verlede jaar aangeteken is. Net so het Australië se Eastern Young Cattle Indicator en die Eastern States Trade Lamb Indicator sedert laat 2023 ‘n stygende neiging getoon weens aanbodbeperkings.