Finansies sê daar’s geen vermiste pensioengeld nieAugust 2, 2025

Die finansministerie het berigte in die media oor ‘n ondersoek na vermiste geld, 100 miljoen Namibiese dollar weerlê. Die sosiale media plasing onder Confidente se naam, is nie meer sigbaar nie maar beweer dat die geld, wat vir die oumenspensioen bedoel was, weggeraak het by NamPost. Die berig lui verder dat die staat ‘n ondersoek gelas het, dae na NamPost aangekondig het hy sal self pensioenbetalings vanaf Oktober vanjaar hanteer. Die ministerie sê die fopnuus is bedoel om NamPost te diskrediteer.